Drop-Down Menu

 Awards - Toekenning

Booking.com

 Statistiek/Statistics

 

Travel & Hospitality
 
Sertifikaat/Certificate

 

 

Resensies  

 

Ek was baie vriendelik ontvang gewees, dis nou regte opregte mense wat die eienaars is en voel sommer dadelik soos ou vrinne. Sal beslis weer daar gaan kuier

Wessel P
Family with young children
January 2018

 

Huis weg van die huis.

'n Mens sou graag die plek 'n swak resensie wou gee om dit geheim te hou van almal. As stadsmens hoor jy van Phalaborwa as 'n warm plek in die somer. Ons was baie gelukkig met wonderlike weer. Die chalets is met deeglike beplanning saamgestel deur mense wat lank ook in selfsorgplekke gebly het. Niks odds and ends vir die plek nie. Alles was nuut gekoop en werk. Jy voel eintlik skuldig as jy moet uitgaan, want jy wil net daar bly. En vir ons groot manne is daar ook stoele wat ons gewig kan dra. By ons vertrek het ek iets in die kamer vergeet en nog voor ek by dorp uit is, was ek gebel om te vra of ek kan omdraai en die item te kom haal. Ek sal beslis weer gaan rus by Impala Chalets. En die wat hou van museums: Die Foskor museum is binne loopafstand om die draai van hulle.

Willem V
January 2018
 

 

Uitstekende verblyf.

Ons het oornag op pad Wildtuin toe, genoeg spasie vir ons sleepwa en veilige parkering. Verblyf is baie netjies, skoon en gerieflik. Alles wat jy nodig het. Die diens is vriendelik en ons het welkom gevoel van ons daar gestop het. Sal vir seker weer gebruik van julle verblyf, dit was heerlik om julle te ontmoet. Baie dankie, Magda, julle plekkie is pragtig.

Vicky V
Family with young children
December 2017

 

Was lekker rustig en kon lekker ontspan.

Gerdus Y
With spouse/partner
December 2017

 

Groot tevredenheid.

Vriendelike ontvangs, skoon en netjies, sal weer daar oornag.

Mike G
November 2017

 

Lekker rustig geslaap voor Krugerpark vakansie.

Het verblyf regtig geniet. Baie netjies en rustig. Eienaar vriendelik en behulpsaam.

Johan K
With spouse/partner
October 2017

 

Uitstekend!

Nuut, skoon, pynlik netjies, stil omgewing, uitstekende diens, gerieflik, sterk aanbeveel.

Pieter C
On business
October 2017

 

Rustig, netjies en veilig.

Baie netjies en privaat. Die dame is baie vriendelik en dis 'n veilige, stil plek om te oornag.

Johan W
With spouse/partner
October 2017

 

Uiters skoon en baie netjies. Magda is baie vriendelik en behulpsaam. Heerlike oornagstop.

Hierdie oornag-chalet het alles wat 'n mens nodig het vir oorslaap. Die kombuis en badkamer is ontsettend skoon en vreeslik netjies. Goeie bed en linne. Ons het hier oorgeslaap voor ons die volgende dag Krugerwildtuin toe is (die Phalaborwa-hek is net 'n kort entjie se ry van die chalets af). Daar is veilige parkering en goeie sekuriteit vir voertuig, sleepwa en chalets.

Fiona S
With friends
September 2017

 

Baie netjies en skoon, en dit bied 'n rustige atmosfeer. Hartlike ontvangs.

Chalets is keurig versorg en alles wat nodig is, was aanwesig. Nie alleenlik vir oornagakkommodasie nie, maar ook vir langer verblyf met die oog op wildtuinbesoeke.

Ds. Org S With friends
September 2017

 

Ontspan.

Ek sal net aanbeveel dat daar 'n growwe vloer-oppervlakte onder die storte moet wees. Mens gly maklik.

Neels L
With spouse/partner
September 2017

Antwoord:
Stort matte voorsien om gly uit te skakel

 

Netjiese, skoon chalets en baie goed en met smaak toegerus.

Daar aangekom as vreemdelinge en weggegaan as familie! Sal beslis weer daar tuis gaan! Baie dankie Magda vir jou hartlike ontvangs en lekker gesels!

Hettie S
With spouse/partner
September 2017

 

Baie mooi skoon en netjies.

Sal dit vir enige iemand aanbeveel.

Johan C
With spouse/partner
September 2017

 

Hospitality, warmth and friendly.

Impala chalets is a nice place.

Mantsie S
August 2017

 

Baie netjies. Ons het lekker gebly. Alles wat jy nodig het is daar.

Plek is baie goed toegerus.

Marieta P
With spouse/partner
August 2017

 

Dit was baie aangenaam.

Ons was verras om so 'n netjiese, pragtige, volledige eenheid te kry. Voeg daarby baie vriendelike en aangename eienaars.

Manie P
With spouse/partner
August 2017

 

Fantasties!

Gearriveer as gaste, vertrek as familie!

Magda M
Family with teenagers
July 2017

 

Puik.

Baie dankie Magda, ons het heerlik gebly. Julle plek is silwer skoon, netjies en nuut. Julle ontvangs vriendelik met puik diens. Presies wat ons wou hê vir een aand voor ons die wildtuin binnegaan. Julle sal ons verseker weer sien.

Nico V
Family with teenagers
July 2017

 

Friendly people, lovely room. Very nice.

We enjoyed our stay and would recommend it to our friends.

Nici S
With spouse/partner
June 2017

 

Absolute waarde vir geld, skoon en netjies.

Alhoewel ons oorgeslaap het vir slegs 'n aand, was dit 'n herinnering wat sal bybly. Baie goeie waarde vir geld en dit was duidelik dat die eienaar 'n ogie hou oor die netheid van die eenheid.

Danie K
Family with young children
June 2017

 

Uitstekend!

Baie tevrede met die verblyf. Vriendelike ontvangs, opregte gasvryheid, netjiese geriewe wat goed voorsien is van alles wat nodig is vir 'n goeie nagrus.

Francois D
With spouse/partner
June 2017

 

Baie netjiese, funksionele verblyf, met vriendelike en hulpvaardige diens.

Ons is van die begin af baie welkom laat voel. Ons eenheid was goed toegerus en alles was baie netjies, funksioneel en baie skoon. Die eienaars het baie moeite gedoen om te help met enigiets, sonder om ons privaatheid te skend. 10/10!

Pierre L Family with young children
 June 2017

 

Baie lekker gebly!

Dit was my eerste besoek maar beslis nie my laaste nie! Goeie waarde vir geld. Eenheid het alles wat nodig is! Skoon en netjies!

Ben F
With spouse/partner
June 2017